Allerlei

 

 

 

Mnr. T het ‘n groot hart

 

Chantelle Scott

 

DIE Hoërskool Brackenfell is een van min skole wat kan sê dat sy hoof baie geliefd is onder die onderwysers. Mnr. Theron word beskou as iemand wat enige iets vir sy personeellede sal doen ten koste van homself. Hy is selfs bereid om met die departement te baklei om die personeel gelukkig te hou. ‘n Paar van die onderwysers het die volgende te sê gehad:

 

“Hy het altyd ‘n oop deur as jy met hom wil gesels oor enige probleme. Hy sal altyd luister en die saak vertroulik hanteer.”

Mnr. J. Muller

 

“Ek dink hy is ‘n hoof uit ‘n duisend en hy het die meeste mense-kennis van almal wat ek ken.”

Me. T. Badenhorst

 

“Hy gee om vir elke personeellid en hy sal elkeen se belange op die hart dra. Hy het ‘n ongelooflike lojaliteit teenoor die skool, personeel en leerlinge.

 

Sy mede-lewendheid en betrokkenheid by al die aktiwiteite.Hy’s ‘n bok vir sports!”

Me. J. Cleynhens

 

“Hy sal altyd na jou probleme luister en ‘n oplossing vind.”

Mnr. H. Ludick

 

“Mnr. Theron is die groot man met die klein hartjie wat net die beste wil hê vir elkeen wat verbonde is aan  Hoërskool Brackenfell.”

Me. D. Bester

 

“’n Man met ongelooflike empatie vir sy medemens.”

Me. K. de Jongh 

 

“Hy gee ‘n mens graag die geleentheid om jouself te bewys.”

Me. E. Sandenbergh

 

10 Things your mom wishes you wouldn’t do

 

 

Delia de Villiers

 

She loves you, she’s proud of you, you’re her little baby. But there are certain things she wishes you wouldn’t do:

 

1.     Slouch at the table

2.     Pick your pimples when they’ll just get infected

3.     Spend hours on the phone

4.     Say “But Natalie’s mom lets her…”

5.     Play that horrible, loud music

6.     Finish the juice and put the empty carton back in the fridge.

7.     Stretch the cuffs of your top down over your hands.

8.     Take your water bottle to the dinner table.(because it’s bad for you)

9.     Go to bed too late and be miserable in the morning

10. Walk on your (white) socks

 

 

Môre Juffrou, Môre Meneer

 

 

Delia de Villiers

 

 

DIE Hoërskool Brackenfell is bevoorreg om vier leerkragte te verwelkom. Re Vera het by hulle gaan inloer om ‘n bietjie meer oor hulle uit te vind.

 

Me. Ansa Buenk

Dié Afrikaanse onderwyseres in kamer 36 het al glo baie vreemde uitsprake van haar van gehoor. Sy beskou God en haar ouers as rolmodelle en oneerlikheid is vir haar ‘n doring in die vlees. As sy enige dier kon wees, sou sy ‘n arend wou wees. Dit sweef bokant groot majestieuse berge en is ‘n simbool van krag. Juffrou Buenk is so lief vir die onderwys dat sy dit vir geen werk ter wêreld sal verruil nie.

 

Ms Elzette Brown

Re Vera was surprised to learn that BHS’s new computer teacher has a passion for art. She is also an art teacher and dreams of hosting her own art exhibition some day. If given the opportunity to meet any person, dead or alive, she would like to meet Helen Keller because she overcame all her difficulties and lived a normal life. Ms Brown hates ignorance but treasures friendships. She says the song that best sums her up is Amigos Para Scampre – a Latin song about friends.

 

Mnr. Edus van Heerden

Brakkieland se nuwe Wiskunde-onderwyser sal graag, indien hy ‘n fortuin sou erf, ‘n BMW sportmodel met ‘n afslaankap wil koop. Toe Re Vera hom vra wat die stoutste ding is wat hy al ooit aangevang het, moes hy eers ‘n rukkie dink. Daar is so baie om van te kies! Hy vertel toe wat gebeur het by Wellington Hoër waar hy voorheen skoolgehou het. Hy en nog ‘n onderwyser is saam met ‘n klompie leerlinge Knysna toe op ‘n staptog. Dit was in die Septemberskoolvakansie. Die skool het die Dinsdag na die langnaweek weer begin. Hulle het so lekker gekuier dat hulle besluit het om die skool te laat weet dat die bus kamstig gebreek het en dat dit onmoontlik is om dit voor die Vrydag te laat regmaak. So is hulle langnaweek toe met 3 dae verleng sonder dat enige iemand iets vermoed het.

 

Mnr. van Heerden se raad aan Brakkies is om die beste van jou skoolloopbaan te maak. Jy spandeer so baie van jou tyd by die skool jy kan dit net so wel probeer geniet. Maak gebuik van al die geleenthede wat jou kant toe kom. Maak jou skoolloopbaan jou beste jare.

 

Mnr. Andries Greyling

Hierdie oud-Brakkie is so geheg aan die skool dat hy besluit het om terug te kom in die vorm van 'n Bedryfsekonomie onnie. Hy  beskou ongeduld as sy slegste eienskap.

 

Hy sê daar is geen beter gevoel as wanneer jy uiteindelik wen as jy nog die heel tyd die "underdog" was nie. Mnr. Greyling sê daar steek groot waarheid in die woorde " Sticks and stones may break my bones but words will never harm me" and dat ons almal 'n besonderse lewensles daaruit kan leer.         

 

 

 

Juffrou Wolmarans se Joshua : Vegter van formaat

 

Johan Store

 

REEDS op 16 weke het ‘n sonar getoon dat die fetus se lewer besig was om buite sy buik te ontwikkel. Die spesialiste het sy ouers aangeraai om die swangerskap te staak, omdat hy moontlik fisies en verstandelik gestrem kon wees.

 

Maar hulle het besluit om ten volle op die Here te vertrou. Op 18 April 2001 is Joshua Christian Nell, mev.Tess Wolmarans se eerste kleinkind, skynbaar in alle opsigte normaal gebore. Slegs sy lewer was buite sy liggaam. Net ‘n uur na sy geboorte het spesialiste hom opereer om sy lewer in sy liggaam terug te plaas.

 

Daar het egter met verloop van tyd verskeie komplikasies ingetree bv. absesse, infeksies, fibrose en blokkasies in sy spysverteringskanaal. Vier operasies, party solank as sewe uur, het gevolg; sy lewe het menslik gesproke aan ‘n draadjie gehang.

 

Re Vera het die volgende vrae vir Mevrou Wolmarans gevra :

 

Hoe het mense u gedurende hierdie tyd ondersteun?

 

Ongelooflik. Kollegas, vriende en familie het sommer net gebel om te vra hoe dit gaan of te sê hul dink aan my. Daar is baie gebid. kerke , selgroepe en sommer almal wat daarvan gehoor het, het vir hom ingetree en gebid.

 

Hoe was u gemoedstoestand gedurende hierdie tyd ?

 

Aan die begin was ek baie bekommerd en mismoedig; my kinders se geloof het my egter baie ondersteun. Ek het geweet dit moes andersom wees. Ek het die Here gevra om my te wys in watter rigting gebeure stuur , sodat ek my kon voorberei. Hy het my geantwoord in die vorm van ‘n beeld. Ek het myself gesien met Joshua in my arms. Sy ogies het geblink en hy het gekraai soos hy lag. Voor my was ‘n helder lig. Toe het ek geweet hy gaan leef, al was hy op daardie stadium kritiek. Drie maande later het sy ouers hom die eerste keer huis-toe geneem.

 

Watter les het al hierdie gebeure u geleer ? 

 

Dat God steeds wonderwerke in ons lewens doen. Hy is werklik ‘n wonderbaba en voorbeeld van God se grootheid.

 

Hoe gaan dit nou met hom ?

 

Baie goed. Hy’s pragtig, het lewendige ogies en huil so te sê nooit. Hy lag en ‘gesels’ met sy ouma, nes die beeld gewys het! Ons vra so dikwels die Here vir antwoorde, maar is dan te besig met onsself om na Sy antwoord te luister. As ons net leer om te luister, sal ons geestelike verhoudings met God soveel verdiep. Die Here praat nie altyd met ons in ‘n helder stem nie. Soms is dit ‘n beeld, ‘n skrifgedeelte of ‘n wonderwerk. Dikwels praat Hy egter met ons in

 

Staan sommer só uit die Somer

 

 
Rianda Coetzee

 

HIERDIE somer is jou kans om uiteindelik uit te staan. Deur helderkleurige klere met groot, kreatiewe motiewe te dra, sal jy definitief nie misgekyk word nie.

 

Op die strand moet jy veral sandkleurige of baie vaal kleure vermy, jy mag dalk net so onsigbaar soos ‘n sandvlooi wees. Dra eerder geel, oranje, blou of seegroen bikini's, boardshorts, sarongs en toppies. Hierdie kleure sal ‘n bruingebrande vel beklemtoon. Probeer om ook hierdie somer ‘n bietjie weg te kom van die tradisionele swembroek. Hotpants by ‘n gewone bikini-toppie of ‘n bikini-broek by ‘n spaghetti-bandjie toppie is wenners.

 

Jy kan jou vakansie-uitrusting verder opkikker deur ‘n hoed te dra. Of dit nou ‘n visserstyl- of strooihoed is, moet net nie verstrooid lyk nie. As ‘n hoed nou nie in jou smaak val nie, volg jou eie kop en dra ‘n kopband wat by jou haarkleur pas.

 

Somersaande vra vir ‘n bietjie meer klere en kleure. Vroulike sandale met dun bandjies en gordels in verskeie kleure sal die regte funky effek aan jou uitrusting gee. Ouens kan gerus baggy driekwart broeke by plakkies dra. In die aand kan dit stylvol lyk saam met moulose hemde met motiewe.

 

Sorg dat jy dié vakansie raakgesien word! 

 

 

 

 

Back